Boer volhoubaar met toerusting van BHBW

Bednar se swaardienswerktuie help boere landwyd om produktiewer en winsgewender, en sommer net lekkerder, te boer. Die goeie nuus is dat BHBW nou sy Bednar-reeks uitgebrei het met ’n nuwegenerasie-tandwerktuig sowel as ’n fynsaadplanter wat ongeëwenaarde ontwerpvoordele bied.

By Nampo kan besoekers met die BHBW-span kom gesels oor hierdie en ander Bednar-produkte, asook die jongste Geringhoff- en Crary-strooptegnologie, Yale-vurkhysers, industriële skoonmaaktoerusting van Hako, en ’n volledige reeks egte en vervangingsonderdele van gehalte.

Bednar se veeldoelige Fenix FO Profi-grondbewerker is beskikbaar met werkwydtes van 4 tot 7,9 m en munt uit met sowel vlak as diep bewerking (tot 35 cm diep). Dit het ’n robuuste raam en vier rye hidroulies beskermde tande wat in ’n V-formasie gerangskik is om trekweerstand en kilowatt-vereistes te verminder. Die parallellogram-ontwerp van die rollers sorg dat dieselfde druk oor die wydte van die werktuig toegepas en grondkontoere outomaties gevolg word. Daarby verseker Bednar se geïntegreerde agteras (een ry tande is agter die as geplaas) ’n eweredige gewigsverspreiding, sodat die Fenix deurentyd in ’n reguit lyn werk, ’n kleiner draaisirkel benodig en makliker vervoer word.

Bednar behaal wêreldwyd sukses met sy Omega-fynsaadplanters, en die eerste planter is nou ook plaaslik in die Noord-Kaap verkoop. Dié lugdrukplanters word gekenmerk deur Bednar se tipiese swaardiensraam en is beskikbaar met werkwydtes van 4 tot 9 m. Die saad- en kunsmistenke wat onder druk werk sorg vir die absoluut akkurate uitmeting van saad en kan hoë volumes kunsmis hanteer. Die skottels wat die bogrond losmaak is in Bednar se stabiele X-Precise-formasie gerangskik sodat die planter heeltyd presies agter die trekker loop, ook teen ’n hoë plantspoed. ’n Stel wielrollers maak die grond perfek gelyk nadat dit voorberei is. Die fynsaadkouters is op ’n parallelogram gemonteer, sodat grondkontoere outomaties gevolg word vir presiese saadplasing op ’n eenvormige diepte. 

Groot nuus is dat alle boere wat tussen Februarie en September vanjaar ’n Bednar-werktuig koop, genooi word om Bednar volgende jaar saam met BHBW in Tsjeggië te besoek. 

Geringhoff

BHBW het verlede jaar ’n rekordjaar vir die verkoop van Geringhoff-strooptafels behaal, ook danksy die maatskappy se fokus op naverkopediens. BHBW bemark en rugsteun sy Geringhoff-reeks landswyd, met tegniese verteenwoordigers wat help verseker dat oestyd vlot verloop, en handhaaf ’n hoë beskikbaarheid van onderdele. 

BHBW verskaf ’n volledige reeks Geringhoff-tafels – MS-mielieplukkerkoppe (vasteraam en opvoubaar) in elke moontlike rywydte met opsies soos byvoorbeeld sonneblom-“kits”; TruFlex Drapertafels vir sojabone en koring; en Sunlite-sonneblomtafels. ’n Tweejaarwaarborg geld vir alle nuwe Geringhoff-tafels.

’n 20-ry 30 vt. opvoubare MS-plukkerkop word op Nampo vertoon en teen ’n spesiale prys aangebied.  Daar sal ook ‘n Truflex 35 vt. Drapertafel op die standplaas te sien wees.

Crary

Die Crary-windstelsel vir kleingraan werk so goed, dit kan dit haalbaar maak om in droë jare te

oes. Dié stelsel lewer ’n konstante vloei hoëspoedlug op die snylem van die strooptafel, sodat meer

materiaal ingevoer en graanverliese beperk word. Dit het sy staal plaaslik reeds dubbel en dwars bewys – in Noordwes getuig sojaboere onder meer van ’n besparing van minstens 100-150 kg pitverlies per hektaar. Die Crary-windstelsel kan op Auger- en Drapertafels van alle bekende fabrikate gepas word.

Die voordele van die Crary-windstelsel sal prakties gedemonstreer word by Nampo.

Onderdele

BHBW se sake-eenheid Temo Parts verskaf ’n uitgebreide reeks onderdele vir haas elke toepassing en fabrikaat op die mark. Onder die bekende handelsname wat deur Temo verteenwoordig word, tel TeeJet-spuitstukke en filters van Mann+Hummel. 

Yale en Hako

Met Yale bied BHBW ’n vurkhyser vir elke moontlike behoefte en sak, waaronder elektriese modelle vir pakhuise en veeldoelige, kostedoeltreffende opsies wat ideaal is vir plaaswerk. Nuwe of gebruikte vurkhysers kan ook gehuur word.

BHBW verskaf ook industriële skoonmaaktoerusting van Hako in Duitsland. ’n Verskeidenheid outomatiese vloerwas- en veemasjiene is beskikbaar vir sowel binne- as buitenshuise gebruik.

Vir meer inligting, kom kuier op standplaas E37, besoek www.bhbw.co.za of skakel 011 898 0000.

Bednar Omega

Feel free to share this article
Published - 10/05/2024